Verskil tussen weergawes van "Adjunk Eerste Minister/Adjunk-leier van die opposisie"

Vanaf DebatWiki
Lyn 12: Lyn 12:
  
Dit is belangrik dat nie een van die hoofswepe nuwe argumente op die tafel plaas nie, maar slegs die bestaande argumente bietjie afrond, waar nodig, en meeste van die hoofsweep-toespraak wei aan retoriese en feitelike aanvalle op die ander span se saak.
 
==Slot ==  
 
==Slot ==  
 
Die spanrolle wat on shier bespreek is natuurlik nie altyd perfek gedefinierd en in steen gegiet nie. Ons beskrywing van die sprekersrolle hier is bloot ‘n handige en  getoetste resep of formule, oop vir verdere interpretasie of afwykings om die sterkpunte van elke spreker en span te bevorder.
 
Wysiging soos op 09:32, 22 Januarie 2019

Inleiding

Die sprekersrolle wat in hierdie Debatwiki bespreek word is afkomstig van die Britse Laerhuis in die Paleis van Westminster, en vervul in die Dink of Sink Universiteitedebatskompetisie, nagenoeg dieselfde rolle as in die werklike doene en late van die Britse Laerhuis.

Die laaste sprekers van beide die regering en die opposisies is die hoofswepe.

Spanrol van die Hoofsweep

Soos wat die eerste minsiter die regering se saak afskop, sluit die hoofsweep van die regering die regering se saak af. Enige los drade of toutjies word metafories deur die hoofsweep vasgebind, en enige moontlike kastaaiïngs word uit die vuur gekrap. Wanneer alle nodige toutjies vasgebind is, en gered wat te redde is in terme van foute deur die REGERING began, gaan die hoofsweep van die regering oor totaanval: die is die hoofsweep se werk om genadeloos te wees in die uitmekaartrekking van die opposisise se argumente en standpunte. Aan die einde van die hoofsweep van die regering se toespraak, moet die REGERING se saak netjies en afgerond voorkom, en die opposisie se saak moet verflenterd en verward lyk. Dit is dan wanneer die laaste spreker van die debat, die hoofsweep van die opposisie aan die beurt is. Die opposisie se hoofsweep moet presies die spieëlbeeld wees en vermag as die regering se hoofsweep: los draadjies van argumente moet vasgebind word, en aanvalle moet geloots word op die REGERING se swakpunte, sodat die opposisie die debat op ‘n hoë not kan eindig waar hul saak ongeskaad en koherent voorkom, teenoor ‘n flenterse en verslane regering-saak.

Dit is belangrik dat nie een van die hoofswepe nuwe argumente op die tafel plaas nie, maar slegs die bestaande argumente bietjie afrond, waar nodig, en meeste van die hoofsweep-toespraak wei aan retoriese en feitelike aanvalle op die ander span se saak.

Slot