Dialogismus

Vanaf DebatWiki

Definisie[wysig]

Wanneer jy namens jou gehoor of opponent praat om ‘n punt duideliker te stel – of ‘n teenargument af te weer.

Gebruike[wysig]

Hierdie stylfiguur is baie nuttig vir verskeie redes. Dit bied, natuurlik, aan jou die geleentheid om jouself (en jou argumente) as gebalanseerd (en, derhalwe, meer geloofwaardig) voor te stel. Dit is ook ʼn nuttige manier om jou opponent se mees waarskynlike argumente vooraf voor te stel en te weerlê – wat hom of haar noodwendig in ʼn swakker posisie sal plaas.