Die Struktuur van 'n weerlegging

Vanaf DebatWiki

'n Weerlegging is 'n poging deur 'n debatteerder om 'n argument gestel deur 'n opponent as onoortuigend te bestempel. Dit kan hoofsaaklik geskied aan die hand van drie moontlike swakpunte in 'n gestelde argument, naamlik feitelike inkorrektheid, logiese inkorrektheid en irrelevansie.

Feitelike inkorrektheid[wysig]

Hierdie tipe swakpuntuitwysing is afhanklik van 'n debatteerderse feiteliek vertroudheid met 'n onderwerp. Feitelike voorkennis is dus nodig om te besef wanneer 'n opponent 'n feitleik kontenseuse stelling maak. Die debatteerder is dus, mits hul beskik oor die nodige voorkennis, goed geplaas om eenvoudig die feitefout uit te wys.

Logiese inkorrektheid[wysig]

Hierdie tipe swakpuntuitwysing is afhanklik van 'n debatteerder se vermoë om die logiese vloei van 'n opponent se toespraak en argument te volg. Waar die opponent dan 'n sprong maak in logika of rasionaliteit, kan die debatteerder hierdie sprong uitwys as 'n ontbrekende skakel in die logiese ketting van die opponent se argument.

Irrelevansie[wysig]

Hierdie tipe swakpuntuitwysing is afhanklik van die debatteerder se vermoë om die bestek van 'n debat te begryp en toe te pas op die toespraak van die opponerende spreker. Wanneer die spreker 'n stelling maak wat dus buite hierdie bestek val, kan die debatteerder uitwys dat die kwessie nie die rigting van die debat behoort te verander nie.