Litotes

Vanaf DebatWiki

Definisie[wysig]

ʼn Manier om, op ironiese wyse, ʼn mening uit te druk deur ʼn stelling met teenoorgestelde betekenis doelbewus te negeer.

Gebruike[wysig]

Litotes bied jou die geleentheid om ʼn gegewe mening te versag – sodat iets wat onder normale omstandighede onvanpas sou wees om te sê, skielik veel meer aanvaarbaar word. Litotes bied ook die geleentheid om ʼn mate van verfyndheid aan jou woorde te verleen – maar dit kan dalk as meerderwaardig of hoogmoedig voorkom indien dit nie oordeelkundig gebruik word nie.