Verskil tussen weergawes van "Lys van algemene onderwerpe"

Vanaf DebatWiki
ou>HP Deskjet
k (3 weergawes)
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 09:00, 22 Januarie 2019

Inleiding[wysig]

Dit is belangrik om te onthou dat meeste onderwerpe of debatsproposisies oorvleuel al drie hierdie katergorieë. Gevolglik sal meeste van hierdie onderwerpe ekonomiese, politieke en sosiale argument hê en kan al drie suksesvol bespreek word.

Hierdie lys is bloot vir voorbeeld onderwerpe.

Ekonomies[wysig]

  • Besighede behoort die reg hê om dienste te weier op enige gronde (insluitend ras, geloof, geslag,seksualiteit ens.)
  • Besighede is belangriker as state vir werkskepping.
  • Die ekonomiese toekoms van SA rus op klein en medium grote sakeondernemings.
  • Die welsynstaat is ‘n resep vir armoede.
  • Grondhervorming hou ‘n ernstige bedreiging in vir Suid-Afrikaanse voedselsekuriteit.
  • Internetneutraliteit is nadelig vir die verbruiker.
  • Kapitalisme misluk die Derde Wereld.
  • 'n Suikerbelasting behoort in SA ingestel te word.
  • Progressiewebelasting is onregverdig.
  • SANParke moet geprivatiseer word.
  • Suid-Afrika behoort ekonomiese sanksies teen Zimbabwe in te stel.

Polities[wysig]

  • ‘n Nasionale koalisie-regering in Suid-Afrika sal 'n onstabiele regering wees.
  • ‘n Nuwe koue oorlog tussen die VSA en Rusland lê in die nabye toekoms.
  • Die Arabiese lente was ‘n sukses.
  • Die EFF is goed vir Suid-Afrikaanse politiek.
  • Die skeiding van staatsmagte staan in die pad van doeltreffende dienslewering in Suid-Afrika.
  • Die Statebond is ‘n argaïsiese oorblyfsel van koloniale onderdrukking.
  • Die toekoms van die Israel-Palesteinse konflik lê by 'n twee-staat oplossing.
  • Die VN misluk as wêreldvrede bewaarder.
  • Die Wes-Kaap behoort af te stig van SA.
  • Donald Trump bedreig wêreldvrede.
  • Internettoegang behoort 'n mensereg te wees.
  • Nege Suid-Afrikaanse provinsies is te veel.
  • Oorlog ter beskerming van menseregte is geregverdig.
  • Privaatheid is belangrikker as veiligheid.
  • SA se Grondwet misluk Suid-Afrikaners.

Sosiaal[wysig]

  • Alle lande het ‘n plig om vlugtelinge in te neem.
  • Alle professionele kwalifikasies behoort 'n jaar se gemeenskapsdiens in te sluit.
  • Die geslagsinkomstegaping is regverdigbaar.
  • Die huwelik as konsep is uitgedien.
  • Die LGBT+ beweging moet onderskei tussen geslagtelikheid en seksuele orientasie.
  • Die modebedryf is elitisties.
  • Die publikasie van videomateriaal vervaardig deur terroriste-groepe behoort verbied te word.
  • Die seksualisering van die musiekbedryf benadeel die samelewing.
  • Die strafregstelsel moet fokus op die rehabilitasie van misdadigers.
  • Die tabakbedryf is moreel afkeurenswaardige.
  • Familiegrotebeperkings is nodig vir 'n suksesvolle SA.
  • FW de Klerk het die Nobel-prys vir vrede verdien.
  • Genetiese manipulasie van mense behoort verbied te word.
  • Huiswerk is noodsaaklik vir gehalte onderrig.
  • Kanye West is meer relevant as Shakespeare.
  • Kunsmatige intelligensie bedreig die mensdom.
  • Marteling is regverdigbaar in die belang van nasionale veiligheid.
  • Massatoelating by SA universiteite skaad akademiese standaarde.
  • Oormatige gewig word geheg aan uitlatings op sosiale media.
  • Orgaanskenking behoort verpligtend te wees.
  • Rasisme behoort gekriminaliseer te word.
  • Ruimteverkenning is die geld werd.
  • Sekswerk in SA moet gewettig word.
  • Staatsbefondsing vir die kunste is ‘n mors van geld.
  • Stakings teen aanlyn vervoernetwerk maatskappye is geregverdig.
  • Suid-Afrika is deurspek met strukturele rasisme.
  • Valisme moet val.
  • Volkstate in die Suid-Afrikaanse konteks is nie haalbaar nie
  • Vryheid van spraak is belangriker as menswaardigheid.
  • Xenophobie in SA is te wyte aan die regering.