Verskil tussen weergawes van "Spanstruktuur"

Vanaf DebatWiki
ou>HP Deskjet
(Nuwe bladsy geskep met '==Inleiding== Dit is die verantwoordelikheid van die eerste sprekers van elke span om 'n oorsigtelik spanstruktuur tydens hul toespraak aan te kondig. Die eerste spreker...')
 
k (1 weergawe)
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 09:00, 22 Januarie 2019

Inleiding[wysig]

Dit is die verantwoordelikheid van die eerste sprekers van elke span om 'n oorsigtelik spanstruktuur tydens hul toespraak aan te kondig. Die eerste spreker moet noem wat elke opeenvolgende spanspreker se argumente gaan wees. Hierdie toedeling van argumente se doel is om die beoordelaars 'n "padkaart" te gee oor julle span se benadering en inslag. Dit help beoordelaars om die debat as geheel te volg en dit gee duidelikheid en sekerheid vir julle span. Gewoonlik word die spanstruktuur aangekondigi tussen die begripsontleding en die argumentering en reaksie.